Om te bou in ‘n township

Ons woon definitief in twee wêrelde hier in SA.My getroue huishulp doen tans aanbouings by haar huis en ek volg elke stap met belangstelling.

Eerstens wil goeie swart bouers wat in wit gebiede bouwerk doen,nie in townships bou nie,dus is daar ‘n keuse tussen kansvatters of totale onkundiges.Let wel,ek is glad nie besig om hier enigsins rassisties te wees nie.Dit is harde feite.

Sy moes ook bouplanne indien en ‘n tekenaar het vir haar ‘n heel oulike plan opgetrek,wat hy namens haar by die munisipaliteit ingedien het.Daarvoor het hy vir haar R300 ekstra gevra en toe sy die planne gaan haal na goedkeuring,is sy ingelig dat dit nie soveel kos nie.Dus die tekenaar het haar geboor.

Tweedens kry sy ‘n “bouer” wat meer as ‘n week lank verdwyn het met haar bouplan…definitief dit gekopieer vir latere eie gebruik.Met ‘n groot gesukkel het sy dit uit hom uitgekry en ‘n ander bouer gekry.

Die ou doen toe nou nie ‘n te slegte joppie nie,maar die plek wat bousand moes aflewer,verneuk haar uit twee meter sand en toe sy hulle aanvat,laat lewer hulle vieslike sand af wat hulle gesubkontrakteer het by ‘n ander plek.Die eienares van die winkel se verskoning was dat hulle ‘n nuwe plek is en maar nog op die been probeer kom..is selfs baie eie met Leah en is o, so gaaf en belowe die son,maan en sterre!

Toe die inspekteur kom om die fondamente te bekyk,kom hulle agter dat die buurman twee meter van haar erf gevat het.By nadere ondersoek blyk dit buurman se buurman het weer twee meter van sy erf.Lang storie kort,sy gaan haar twee meter terugvat en die buurman se buurman se garage staan op sy twee meter!

Die bouer bou alles klaar,behalwe die dele tussen die dakkappe en die vensterbanke.Toe wil hy al sy geld he.Onse Leahtjie byt vas en sê dat sy tweeduisend Rand terughou totdat elke baksteen gelê en elke gat toegestop is.Elke kort-kort het hy ‘n storie dat hy ‘n begrafnis het of die een skuld of daai een moet betaal,maar Leitjies staan vas.

Hierdie vroutjie moet orals heen per taxi…nie net in ‘n kar spring en gou Builders’ toe of waar ookal heen nie.Ek het gelê soos ek lag toe sy vertel hoe sy ‘n bondel lang plastiekbuise,waarin die elektriese kragdrade gesit word,tussen die mense se voete in die taxi gedruk het.Die “queue master”moes haar help om die goed vloerlangs in te stoot en almal sit maar gelate,want dis hoe dinge vervoer word.

Die bouwerk staan einde se kant toe,die dak is op,dakteëls en al en hierdie dapper vroutjie het my uitgenooi vir ‘n koppie tee,wanneer sy die laaste stof uitgevee het en elke ding op sy plek is.

IMG_3785
‘n Huis is so ‘n tydelike ding…netsoos die lewe,vergaan dit ook met tyd.

22 Replies to “Om te bou in ‘n township”

  1. Ek sal jou nie vertel van die bouer wat ons kombuis moes oordoen nie, algemene siekte in s a. Hy was n skot. Ooknie van die vrou wat die kaste en uitleg voorsien het nie. Maar ek haal my hoed AF vir jou huishulp 10 uit10.

    Liked by 1 person

    1. Bouery bly op sy beste ‘n gemors.Allerhande skelms kruip dan soos kokkerotte uit die skeure.Waar ons kan skree en raas en dreig,het hierdie swart mense nie veel van ‘n voet om op te staan nie.Dis hoekom ek haar so bewonder dat sy so vasbyt.

      Liked by 2 people

    1. Dis omdat hulle heeltemal op hul eie is,verantwoordelik vir uitgebreide familie en met afwesige mans,wat niks bydra nie,behalwe nóg kinders.

      Like

    1. Ja dis só waar.Dis wat SA so ‘n interessante plek maak.Mens moet ‘n leeftyd hier grootword om dit te verstaan.

      Like

    1. Jong sy het murg in haar pype.Sy vrek van trots en sal nooit skimp dat ek moet help met iets nie..die gevolg is dat ek uit my eie inspring en haar gou bouwinkel toe vat vir bestellings van ekstra sand of wat ookal.Dit neem ons ‘n halfuur,waar dit haar hele afdag in beslag neem as sy met ‘n taxi moet gaan.Taxis ry ook net sekere tye,dus is dit nie net inry en uit nie..

      Like

  2. dit vra vir gedrewenheid en vasbyt om so projek aan te pak. daar is meer mense wat lieg en bedrieg as wat daar is wat vir jou eerlike opregte diens lewer – oral in onse liewe SA

    Like

    1. Ja,sy is tans besig om ‘n stel af te trap met die bouer.Ek hoop sy kom reg.Ek praat maar moed in en gee raad waar ek kan.

      Like

  3. Ja, ons bly inderdaad in twee verskillende wêrelde, neffens mekaar. Hulle weet hoe ons s’n lyk, maar ons het selde ‘n realistiese idee van hulle s’n….

    Like

  4. Moeilike ding met die mense wat nie die grenslyn van hulle eiendom eerbiedig nie en sommer deel van buurman se grond opeien vir eie gebruik

    Like

  5. Ek bewonder haar vir haar deursettingsvermoë. Soos jy sê party is sterk vroue, juis omdat hulle alles sonder ‘n man moet doen.
    Ook weer herinneringe teruggebring. Ons Maria het in ‘n sinkplaathuis gebly, en ook die begeerte gehad om te bou. Planne vir ‘n mooi drieslaapkamerhuis is opgetrek, fondasie gegrawe, en vloer gegooi, toe verongeluk sy en haar kinders (behalwe een dogter.) Net so ‘n paar weke voor dit het ek en Ken na die vordering gaan kyk. Sy was so trots daardie dag.

    Like

    1. Ag dis nou ‘n bitter hartseer storie!Gelukkig het sy darem die vreugde van vooruitsig gesmaak.Ek huil sommer nou.

      Like

    1. Op die oomblik is daar so ‘n paar probleme en sy is bietjie moedeloos…die winkel het nie haar sement afgelaai nie,nou staan bouwerk stil,maar sy het hulle vanoggend gas gegee!

      Like

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +