daardie twee eiegeregtigde mans,wat dit goed gedink het om hul verwronge sin van moraliteit op so ‘n barbaarse manier te laat geskied!
Ja,ek praat van julle twee spierpaleise met die styfgespande broekies en die bakbeen-staphouding wat jul manlikheid so ten toon stel.Dis omtrent al waarop julle kan roem,want van deernis,respek,liefde en aanvaarding van andere wat nie soos julle is nie,is daar geen sprake nie!
Julle het dit goed gedink om iemand wat baie naby aan my is,aan te val en hom so te verniel,dat hy nou in die hoësorgeenheid van ‘n hospitaal lê met septisemia!Dit het nou al vier weke gelede gebeur,maar die gevolge van jul walglike daad strek verder as wat julle met jul skewe,oningeligte denke,ooit sal besef.
Ek wens ek kan julle in die oë kyk en vir julle vra of julle al ooit julself in iemand wat “skeef” is se skoene geplaas het.Julle weet niks van die ongelooflike stryd,waarmee hierdie mense daagliks gekonfronteer word nie.Hulle het NIE GEKIES OM SO TE WEES NIE!!!!!
Dis tog ongelooflik dat julle nog nooit moeite gedoen het om te gaan lees oor die nuutste navorsing wat interessante bevindings opgelewer het,wat baie mites oor homoseksuele mense die nek inslaan.Julle hang nog steeds aan die bevooroordeeldheid wat van jul oupas na jul pappies na julle oorgedra is,omdat dit in ‘n swart boek geskryf staan,dat dit verkeerd is.Daardie einste swart boek skryf ook jy mag nie linne en katoen saam dra nie en die aarde is plat en vroue is minderwaardige wesens.
Nou hoe is dit dan dat julle sulke selektiewe moraliteit beoefen?Julle grinnik met glimmende wit tande by julle “straight”tjomme:”Ja,ons het vanaand ‘n mof in die hospitaal in geblixem!Kyk hoe “cool” is ons.Ons maak die aarde skoon van hierdie drek”.
Intussen is julle twee laer as slangspoeg.Julle oortree al die wette van julle swart boek.Waar is die liefde,omgee,respek,aanvaarding,medemenslikheid,deernis,altruïsme,onselfsugtigheid?Julle besit nie een enkele een van hierdie eienskappe nie!
Die wiel draai en draai en een van dae knars hy bo-oor julle sogenaamde “manlikheid”!
Ai Dina! Mens dink in vandag se eeu sal mense meer oopkop wees wat sulke dinge aanbetref. Nee kyk, as ek hulle twee in die hande kry, sal hulle sterk aan hul ‘manlikheid’ twyfel want ek sal hulle sleg verniel. Ek kan sulke mense glad nie hanteer of verdra nie.
Wat het ander se anderse leefwysens in elk geval met ander te doen? Dit wil ek graag weet. Dit maak hul nie minder menslik, liefdevol of selfs krimineel nie.
Ek hoop jou vriend word gou gesond skat. Gee vir hom ‘n sagte drukke en beterskap wense van my af. My hart is nou sommer seer.
LikeLiked by 1 person
Dankie Sonel..dis my nefie en hy is soos ‘n kind vir my.Ek is sooo kwaad,ek kan nie eers begin om vir jou te vertel wat ek met daardie mense sal aanvang nie.Die sielkundige letsels is baie groter as die liggaamlike!
LikeLiked by 1 person
Ag nee Dina – dis verskriklik en ek weet hoe vieslik mense kan wees. Ek wonder net wie dink hulle is hulle. Wie gee hul die reg om judge en jury te speel en wat het dit met hulle te doen in die eerste plek? Ek sal hulle vermorsel – regtig!
Ek hoop hy word gou beter hoor en ja, jy is reg – die sielkundige letsels is die ergste. 😦
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy verstaan,Sonel!Ek waardeer dit geweldig.
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLike
Verskoon my taal, maar hulle is drolle. Ek is moeg vir mense soos hulle wat dink hulle doen ‘n god (ja, klenletter ‘g’) se wil deur iemand te verbrysel tot in die hospitaal in omdat hulle anders is.
Hulle aanbid nie ‘n god nie al lees hulle daai swart boekie tot hy bleek en oud word in hulle hande. Hulle geloof is kotskolle. Enige goeie Christen (en ek ken ‘n paar) sal hulle dood skaam vir die twee poeffiekoekies.
En as nie-Christen word ek ook so nou en dan aangeval omdat ek anders glo. Dis maar die wêreld waar in ons bly, gelukkig is daar baie goeie mense ook.
LikeLiked by 2 people
Ek lag nou lekker vir jou woordgebruik!
Ai Wolfie,ek het nie woorde nie,maar nouja,is soos jy se..dis die wereld waarin ons woon.Verstaan jy nou hoekom ek so be”duiweld” is?LOL
LikeLiked by 2 people
Ja, ek verstaan. Ek het eintlik erger vloekwoorde gedink toe ek hier gepraat het. En as my vloekhier te erg is kan jy my kommentaar afvee. Ek sal verstaan. (my beurt om dit te se hehehehehehe)
Ek haat sinnelose geweld….
LikeLiked by 2 people
Nee,dit bly net so!Dit gee sterkte aan ons woede oor hierdie lae luise.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Maak sin.
LikeLiked by 1 person
Wees dat mense? Ek hoop dat jy nefie gou weer sal herstel en dat hierdie misdadigers hul verdiende straf sal kry.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig het hulle weggekom!
LikeLike
Word hierdie misdadigers opgespoor deur die polisie?
LikeLike
Nie sommer nie.
LikeLike
Troos jou hieraan: Die rede hoekom mense ander leed aandoen is omdat hulle minderwaardig voel. Hulle weet hulle sal nooit die persoon wees wat die ander persoon is nie. Hulle probeer dus hulle manlikheid bewys deur groot en sterk voor te kom, maar eintlik is hulle bang ou dogtertjies want hulle sal nooit kan kers vashou by iemand wat waarskynlik stukke meer persoonlikheid as hulle het nie. Hulle mag dalk lyk of klink of hulle trots is op hulleself, maar glo my, vannaand as hulle in hulle bedjies klim, tref die minderwaardigheid hulle en more as hulle opstaan, moet hulle weer iemand gaan oprof sodat hulle vir ‘n minuut kan beter voel oor hulleself. Hulle sal nooit vrede vind nie en nooit gelukkig wees nie. Hulle is lewenslank slagoffers van hulle minderwaardigheid. Hulle het sopas bewys dat jou nefie ‘n beter persoon is as hulle, anders sou hulle hom uitgelos het. Ek is hartseer dat hy so erg seergekry het en ek stuur ‘n ernstige gebed vir hom op, maar onthou net, hy is die wenner in hierdie verhaal. Daardie twee sal nooit kan kers vashou by hom nie. Ek hoop hy besef dit ook. Sterkte!
LikeLike
Baie dankie vir jou mooi woorde,Vlindersag.Dit laat my sommer beter voel
LikeLike
Goed gestel. Tipiese skoolboelies wat ouer word, maar nooit volwasse nie.
LikeLiked by 1 person
Tog sal hulle hul straf op ‘n dag kry.
LikeLike
Beslis!Iewers gaan hul onmenslike dade hulle inhaal.
LikeLike
Hierdie mense glo nêrens in behalwe in hul self. Elkeen geloof sonder liefde is skynheilig. Hulle sal self die suur vrugte pluk.
LikeLiked by 1 person
wat verkeerd geloop het met die kerke is nie die swart boekie nie maar dit word misbruik deur die lesers om vir hulleself ‘n selfgeregtigheid toe te eien, en dis presies dit wat groot en klein oorloë veroorsaak. Gelukkig is die kerke besig om leeg te loop…..Die stert het die hond begin rondswaai.
LikeLike
Dis net vir my onverklaarbaar dat mense nie ingelig wil wees oor nuwe bevindings nie.Mens kan mos nie vassteek by opvattings van eeue gelede nie.
LikeLike
Dis harde werk om te verander, makliker om net voort te donder…. breek eintlik my hart tenminste 10 keer op ‘n dag.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam met jou, maar wil ook tog van jou verskil. Of dalk is die Kaap (of my omgewing) net anders. Ons eie NG Kerk hier het geen van die tipe veroordeling nie. Nadat ons predikant ‘n vroulike egpaar getrou het en hulle swart aangenome baba gedoop het, het die laaste van die “ou-regime” kerkvaders by ons kerk geloop en vir hulle kerke loop soek waar iemand hulle sienings sou ernstige opneem, en glo my, hulle is nou nog soekende. Ons kerk het ‘n mengsel van enige en elke tipe mens en kleur en lewenskeuse en elkeen word persoonlik by die deur gegroet en aanvaar net soos hy daar aankom. En dit maak dat elkeen gemaklik voel om hulp aan te bied en ons gemeente van krag tot krag te laat gaan. Ek vind dat daar al hoe meer in ons christelike omgewing ‘n transformasie plaasvind van wat was altyd menslike sieninge en wat is ons eintlike doel op aarde. Aan die einde van die dag is ons doel op aarde eerstens om onvoorwaardelike liefde aan mekaar te bewys en mekaar te help deur moeilike tye. Want dit is waarop régte christenskap neerkom. En daardie siening maak dat die kerke in ons omgewing oorvloei veral van jongmense wat weet hulle kan maar kom – niemand kyk hulle snaaks aan nie en hulle kan openlik praat oor enige iets, en vind dat hulle nie alleen is in hulle stryd nie. Ons een Engelse kerk kan nie voorbly met hulle bediening aan hoërskoolkinders nie, omdat dit die enigste plek is waar hulle gemaklik kan wees tussen mense wat soos hulle is. En dit wat hulle ervaar, kring weer uit na ander. Ek hoop regtig dat hierdie transformasie sal voortgaan en veral vir jongmense leer waaroor die lewe regtig gaan sodat hulle ander mense sal opbou en aanvaar.
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie vir jou vertel hoe lekker is dit om nou hierdie te lees nie. Wil ook vir jou sê dat hierdie transformasie is nou te sterk om om te draai. Liefde gaan oorwin, doen eintlik al klaar !
LikeLiked by 1 person
Ek wens dit was oral so.Dankie vir jou insette hier.Ek is nie ‘n kerk- of godsdiensmens nie,maar ek respekteer dit en dis altyd verblydend om te hoor as dinge mooi gaan en mense werklik hul medemenslikheid en liefde uitleef,op watter manier ookal.
LikeLike
Ek is so jammer, ek glo lank nie meer almal het goed in hulle nie. Party is net pure evil.
LikeLiked by 2 people
Ek weet net my nefie is ‘n dierbare mens wat vir sy naaste enige iets sal doen.Hy verdien nie sulke walglike behandeling nie!
LikeLike
Ai dit maak seer… hoe maak ouers sulke mense groot? Soveel minagtigng van ander is die oorsaak dat SA in so gemors is
LikeLike
Ja Tina,ongelukkig respekteer mense mekaar nie meer nie.Om Suid-Afrika te help,sal respek as verpligte vak in die skole ingevoer moet word.Dit sal moet behels dat mense mekaar se kultuur,tale,godsdienste bestudeer.
LikeLiked by 1 person
Ja en dit sal van bo en onder af moet begin… dit sal nie help as almal sit en wag dat ander mense dit moet doen nie. Ek probeer om reguit vir mense te sê hulle moet nie so rassisties wees nie, maar dit lyk nie of hulle my hoor nie – hulle gaan gewoon aan.
LikeLike
Mense verander moeilik.Intussen besef hulle nie,watter haat word gekweek deur hierdie volgehoue rassisme nie.Ons kan dit nie meer bekostig nie.
LikeLike
Soos jy noem: respek – dis wat nie meer in daaglikse lewe bestaan nie. Die wat ander respekteer en plekkie gun word vernietig deur sulke ……. (Geen woord om te beskryf nie). Dit is meestal die ouens wat niks bereik of verstand het om beter te doen nie wat jaloers is en dan dit op die goedgesinde mense uithaal. Die klomp kragpatsers is ook gevoelloos en wellustig en kan nie verdra dat mense omgee en liefdevol is nie. Hul werk ook altyd in groepe teen een . Dit maak my woedend! Sterkte vir jou nefie en liefde vir hom.
LikeLike
Ja dis opmerklik dat hulle twee was.Gelukkig het nefie se vriend ingespring en kom help,anders was hy dalk dood!Dis opgewarmde boelies met ‘n baie lae mentaliteit.
LikeLike
Presies, mens kan hul amper nie mense noem. Regte monsters.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop jou geliefde herstel gou en volkome Dina. Dit maak my so hartseer dat mense sulke goed in die naam van my geloof doen. Die Christus wie ek navolg leer my om my naaste lief te he soos myself…
LikeLiked by 1 person
Dis nes jy daar sê,Dries.Hulle moraliteit strek net tot by wat vir húlle reg is en die balk in eie oog,bestaan nie eers nie.Hulle is ook te lafhartig om alleen op te tree.
LikeLike
Ai ek is so jammer om te hoor. Ek hoop regtig hy word gou gesond. Ek hoop ppk dat daardie 2 poepholle eendag in hul lewe sal besef wat hul aanvang en aangevang het. Sterkte vir almal naby aan hom.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toortsie.Hy is steeds in die hospitaal en moes ‘n operasie ondergaan.
LikeLike
Dit is so verskriklik, gewetenswroeging is iets wat jy nie sommer kan verbystap nie, mag die aanranders dit daagliks ervaar.
LikeLiked by 1 person
Ek wonder of hierdie skarminkels gewetens het!
LikeLike
Sterkte vir die nefie. Ongelukkig verskil ek met sommige en met jou. Ek dink nie daar is iets soos die wiel wat draai nie. Hoeveel keer al gesien, dat mense die die vreeslikste dade doen, ongeskonde en sonder probleme deur die lewe gaan, dan vra ek waar is die geregtigheid.
LikeLiked by 1 person
Jy is heeltemal reg Danie.Sulke mense kom gewoonlik weg met hul vieslike dade.Dis maar net om mens self te troos dat mens glo iewers gaan dit in hul gesigte ontplof.
LikeLike
Ai, baie sterkte Bytjie…lafaards en ek hoop hulle kry presies wat jy hul toewens!!
LikeLike
Jammer om te hoor.
Ek wonder of dit hulle beter laat voel oor hul self… nee magtig man, mens doen mos nie so iets nie.
Sterkte.
LikeLike
Hy is nou al amper twee weke in die hospitaal en moes ‘n operasie ook ondergaan.Ek is absoluut woedend!
LikeLike
Kon hulle al die skuldiges vastrek?
LikeLike
Nee,die blixems loop nog lekker rond en doen seker skade aan ander mense ook!
LikeLike