Op eensame geheime paaie deel 2

_MG_8085
Ons ry meestal in rivierbeddings,om die minimum skade aan die omgewing te doen.Dis ook die maklikste gelyke roetes,behalwe as die sand dik en warm raak.Dan is dit maar konsentreer om nie vas te val nie!
IMG_0032
Eerste kampplek op ‘n wye oop vlakte.
IMG_0029
Ons tentjie met gerieflike slaaprolle.Saans los ons al die vensters oop en dit voel of mens buite slaap.Die maan het elke aand helder geskyn.

Sonkraglanterns wat bedags bo-op ons voertuig in ‘n kissie staan om gelaai te word.Dis gemaak van Consul inlegbottels.Die versierings is ons vriend se idee.Dit bestaan uit duinsand en sade van die omgewing.

_MG_8143
Commiphora virgata en Euphorbia damarana..laasgenoemde is baie giftig,maar is deel van swart renosters se dieet..

_MG_8099_MG_8103_MG_8168_MG_8177

_MG_8104
Van die ongelooflike natuurtonele.

49 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 2”

        1. Mens kan natuurlik elke keer ‘n nuwe skepping maak op elke plek waar jy kamp,met goedjies uit daardie omgewing.So lekker om kreatief te wees met eenvoud!

          Like

  1. Daar reis ek nou lekker saam. Hoe lekker warm lyk daai rooi son se skyn op die bult in jou 2e foto doer agter. Julle lyk voorwaar lekker ingerig met daardie slaaprolle. Dis te grillerig as daardie vaal of rooi haarskeerders in jou tent inrol, agter die vuur se hitte aan. Ga-sies! So ja – ek slaap ook eerder in ‘n tent. Jou liggies is slimplan. die rooi klip en blou lug laat my nou net terugverlang huistoe…

    Liked by 1 person

    1. Daar het juis een aand so’n rooi haarskeerder oor my gehardloop terwyl ons geëet het.Ek het soos ‘n maer vark gegil en amper die tafel omgekeer!’n Rukkie later was hy skerpioenkos…nóg ‘n grillerige storie vir later…brrrrrr!

      Liked by 1 person

  2. Mens kan amper nie glo dat daar nog sulke totale ongerepte dele is nie. Mens moet dit ook nie te hard sê nie, dalk sien iemand dit en besluit om dit een of ander nare toets-terrein te maak..

    Liked by 1 person

    1. Dis hoekom ek nie presies sê waar ons oral was nie.Ongelukkig het tydsrifte soos Weg en Wegry reeds baie van hierdie ongerepte roetes bekend gemaak en dit veroorsaak dat meer mense hierdie roetes ry.

      Like

  3. Mensig maar dis mooi(warm en droog) Die rivierbedding met die droë opgebreekte sand is besonders. Mens moet rerig van die natuur hou om so een alleen te bly. Ek weet dis net vir n kort tydjie maar tog dis darem maar baie eensaam. Dankie vir die deel, Dis heerlik so saam met julle.

    Like

Leave a reply to Christina B Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +