Bome …

Dis verstommend dat daar soveel verskillende bome in die dorre Kaokoland voorkom!Hier is ‘n paar besonderes wat my aandag getrek het.

Ons het een nag onder hierdie boom gekamp.Dit was op die wal van die Khumibrivier…die aand voordat ek amper verdwaal het!

img_8100a_edited-1

Dis ‘n hardekool,maar so oud,dat die stam wat gewoonlik maklik herkenbaar is,heeltemal misvormd is!Hierdie deel lê al op die grond en dele daarvan is reeds dood.

img_8104_edited-1

Die pragtige tekstuur van naby…terloops,hierdie foto’s is in goue lig geneem en die kleure is werklik so mooi.

img_8105a_edited-1

Iewers tussen êrens en nêrens is hierdie misvormde bottelboom/Bottle tree(Pachypodium lealii).Die omgewing waar dit groei,is klipperig en dor.Let op die aalwyne wat oral hier groei.

img_8444_edited-1

Nader…die stam is heeltemal verstrengel met ‘n ander boom.

img_8445_edited-1

Net op sekere plekke word hierdie besondere bome aangetref.Dis die Kandelaarboom/Candelabra Euphorbia(Euphorbia verosa).

img_8765_edited-1

Hulle groei in klipperige arias teen die rante.

img_8786_edited-1

img_8770_edited-1

Die volgende boom staan bekend as ‘n witgat/Large-leaved sterculia.(Sterculia quinqueloba).Hulle is ook lief om in die klippe te groei op die mees onwaarskynlike plekke!

img_8257a_edited-1

Dis droë wêreld,maar om elke draai is ‘n verstommende verrassing!

Advertisements

70 thoughts on “Bome …”

  1. Perdebytjie, ek is bang om kommentaar te lewer. Jy stel my voor aan ñ deel van die natuurwêreld wat ek glad nie ken nie, want jou oë sien anders raak. Een van hierdie dae moet manlief my Kaokoland toe vat, sodat ek jou prentjies ook kan ervaar.

    Liked by 2 people

  2. De euforbia wordt hier als kamerplant gehouden. Ze groeien behoorlijk snel en zijn oersterk. Dat moet ook wel als je je in zo.n wereld staande moet houden.
    De witgat , wat een mooie foto ! , is hier kaal maar krijgt dus wel bladeren? Hoe kan het in zo.n droge wereld.
    Ik zie aan alles dat jij echt kijkt en geniet.

    Liked by 1 person

    1. Die Euphorbia is voorwaar oersterk as mens sien waar dit groei en hoe min dit daar reën!Die witgat kry blare…hierdie is aan die einde van die winter en die boom het nog nie blare begin kry nie.
      Baie dankie dat jy kom kyk het,Eveline.

      Like

      1. Well, you speak at least two. 🙂 I was fortunate enough to be raised all over the place. Learned Hindustani before French or English (then forgot all) so, I am used to… decipher the roots of words. And it is also a personal pleasure. Words after all “invent” the WorLd. So a new word in another language “re-invents” that object. 😉

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s