Oppad…

Wat jy ookal doen,moet nooit batterye koop by een van hierdie winkeltjies nie.Dit het al voorheen met ons gebeur,maar mens leer mos nie!Manlief koop toe by hierdie handelaar in Purros,’n stelletjie batterye…die naam,Huatai,moes onmiddellik ‘n klokkie laat lui het.Die kopflitsie het driemaal geflikker,toe is die Huatai in sy maai!Hierdie goedkoop Sjinese gemors,het my op ‘n vorige toer presies vyf foto’s laat neem,voordat my kamera tot stilstand gehik het!

img_8058_edited-1

Hierdie besondere blommetjie met vretende ruspe,het ons sommer daar aan die westekant van die Hartmanvallei opgemerk.Verstommend mooi in hierdie woestynwêreld!

img_8300_edited-2

img_8302_edited-1

Pa en seun oppad iewers heen…opvoustoel,komberse,sak klere en twee wandelstawwe.

img_8789_edited-1

Bietjie gespeel met photoshop.

img_8788_edited-1

Advertisements

59 thoughts on “Oppad…”

    1. Toe ons by die twee mense kom,het die ou man op die donkie,se gesig verkreukel in die mooiste glimlag en hy was so bly om ons te sien.Ek wou uit respek hom nie afneem nie,maar dit was die mooiste prentjie!

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s