Stormwind…

laat my geliefde witstinkhoutboom in die stof byt! Ons het hom self agt-en-twintig jaar gelede geplant en toe ons vanoggend tuiskom na ‘n heerlike lang naweek, lê hy uitgestrek met sy takke tot amper binne in manlief se kantoor…

IMG_0484Lê halfpad op die bure se huis. Hulle het dit nie eers agtergekom nie, want die boom gooi so ‘n digte skaduwee op hul kombuis, dat die gevalle boom dit nie ekstra donker laat lyk het nie…IMG_0486

Morsaf geknak teen die grond…IMG_0487By nadere ondersoek is dit duidelik dat die boom homself doodgewurg het. In Engels staan die toestand bekend as ” girdling roots”. Lees hier:  http://www.collierarbor.com/probGirdling-Roots.php  Ons is al lankal bewus hiervan, maar het nie verwag dat die boom so ernstig aangetas is nie…IMG_0488Manlief en ons tuinier, Obed, het nou die moeilike takie om díe boom op te saag en te verwyder…IMG_0492Ek hou my hart vas, want die twee is nie meer so jonk nie…twee mudalas (ou mans) hoog in die takke…IMG_0491IMG_0500Ai, ek gaan my boom mis…IMG_0490

‘n Rukkie later lyk dit soos ‘n slagveld…

IMG_0504

69 Replies to “Stormwind…”

  1. Sjoe, dis ook maar goed julle was nie by die huis nie. As een van julle of die hondekinders moes seergekrry het … te vreeslik om daaraan te dink. Ons het ook ‘n boom gehad wat sommer op ‘n dag net besluit het om boedel oor te geeen reg oor ons driveway geval het. Ek het dit eers agtergekom toe ek die voordeur oopgemaak het om die tuinslang te skuif.

    Liked by 1 person

  2. Ik moest aan dit gedicht denken toen ik je blog las Dina.

    Aan een boom in het Vondelpark

    Er is een boom geveld met lange groene lokken.
    Hij zuchtte ruisend als een kind
    terwijl hij viel, nog vol van zomerwind.
    Ik heb de kar gezien, die hem heeft weggetrokken.

    O, als een jonge man, als Hector aan de zegewagen,
    met slepend haar en met de geur van jeugd
    stromende uit zijn schone wonden,
    het jonge hoofd nog ongeschonden,
    De trotse romp nog onverslagen.

    M. Vasalis (1909-1998)

    Liked by 2 people

  3. Jammer, een boom kan wel vervangen worden door een jonge boom, maar dat duurt jaren voorlaeer deze volwassen is.
    Hier in Vlaanderen was er vroeger een gewoonte (die jammer genoeg is verloren gegaan) dat als er een kind geboren werd, de ouders een boom plantten.
    De ouders zagen die boom niet volwassen worden, maar het kind wel.
    Het kind kon dan van het fruit genieten of kon de boom hakken als hij was uitgeput en het hout gebruiken.
    Maar tegen dan had dat kind reeds nieuwe bomen geplant voor zijn kinderen..
    Op die manier bleef de natuur en het bomenbestand in evenwicht.
    Succes met het opruimen, als ik korter bijwoonde kwam ik helpen, ik kan goed met hakbijl en kettingzaag overweg.
    Groetjes
    Theo

    Liked by 1 person

        1. Eenmaal ‘n jaar hou ons boomplantdag en dan word daar landswyd bome geplant by skole en ander instansies. Ons tuin is ongelukkig nou vol, behalwe vir die leë plek. Ek sal weer ‘n boompie daar insit, al sal ek hom nie sien grootword nie.

          Liked by 1 person

  4. Ek weet hoe jy voel, nee, nie regtig nie, julle s’n was meer skokkend. Ons het ‘n paar bepland laat val, te na aan die huis. Bly daar is nie ernstige skade nie. Wie is verantwoordelik vir sulke skades?

    Liked by 1 person

    1. Aan die eenkant is ek bly dit het gebeur, Danie. Ek het juis verlede week so gestaan en kyk en gewonder of ons die boom moet laat afkap. Gelukkig is die besluit uit my hande geneem.

      Like

    2. Ek sien ‘n paar dakteëls aan buurman se huis, het effens geskuif. Dis seker maar ons verantwoordelikheid as dit langsaan skade veroorsaak, maar daarvoor het ons derdeparty versekering.

      Like

  5. Wat n jammerte, maar so bly dat die skade nie veel erger is nie!

    Lyk my die witstinkhoute sukkel hierdie jaar: Nie n maand gelede nie braai ons een aand by vriende toe n ernstige storm opsteek. Die mans soek n beskutte hoekie in die tuinskuur vir die braai en die vrouens en kinders verruil die stoep vir die huis. Nie 5 minute later nie split hul groot witstinkhout – en hier in Pretoria word hulle GROOT – middeldeur en val die stoep se dak te pletter…

    Liked by 1 person

    1. Dis self ‘n rillerstorie, Dries! Dalk het daardie boom ook “girdling roots” gehad. Ek het nou op ons sypaadjies begin rondkyk en merk dit op by baie bome. Beperkte spasies lyk soos groot oorsaak daarvan.

      Liked by 1 person

      1. Ek dink die ekstra gewig van die water (reen) gekombineer met die woeste wind het te veel druk op die vurk van die stam geplaas, en die boom het toe mooi in die middel gesplit – een deel het bly staan terwyl die ander helfte geval het.

        Liked by 1 person

  6. Ek is ook ‘n ou toppie… ek laaik van hoog inni takke!! 😂🤣😀
    Ek hoop daai boom sal bewerk word en tenminste ‘n paar koffie tafeltjies word!
    O – bygelas… ek hoop daai twee ou toppies het wel van die takie afgekom!!

    Liked by 1 person

    1. Ek dag jy doen net kroegkruipe, dan kan jy mos nie hoog innie takke raak, so laag op die grond nie!😉😉Daai twee was gister vodde en met stywe spiere. Hulle moes jong bloed inkry om die dik takke te saag en die stukke te verwyder! Geen koffietafeltjies nie!!🤣🤣

      Like

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +