laat my geliefde witstinkhoutboom in die stof byt! Ons het hom self agt-en-twintig jaar gelede geplant en toe ons vanoggend tuiskom na ‘n heerlike lang naweek, lê hy uitgestrek met sy takke tot amper binne in manlief se kantoor…
Lê halfpad op die bure se huis. Hulle het dit nie eers agtergekom nie, want die boom gooi so ‘n digte skaduwee op hul kombuis, dat die gevalle boom dit nie ekstra donker laat lyk het nie…
Morsaf geknak teen die grond…By nadere ondersoek is dit duidelik dat die boom homself doodgewurg het. In Engels staan die toestand bekend as ” girdling roots”. Lees hier: http://www.collierarbor.com/probGirdling-Roots.php Ons is al lankal bewus hiervan, maar het nie verwag dat die boom so ernstig aangetas is nie…Manlief en ons tuinier, Obed, het nou die moeilike takie om díe boom op te saag en te verwyder…Ek hou my hart vas, want die twee is nie meer so jonk nie…twee mudalas (ou mans) hoog in die takke…Ai, ek gaan my boom mis…
‘n Rukkie later lyk dit soos ‘n slagveld…
This Is So Sad 😦
LikeLiked by 1 person
Yes, Ellada. I am really going to miss this shady tree in our back yard!
LikeLike
Oei Dina, dat lijkt me schrikken. Jammer van de boom, maar gelukkig zijn er geen gekwetsten…
LikeLiked by 1 person
Gelukkig was daar geen skade, want daar is ‘n muur met ‘n rankplant tussen ons en die bure. Dit het gekeer dat die boom nie voluit op hulle huis geval het nie!
LikeLiked by 1 person
Whew! What a sad end to a gorgeous tree. Nonetheless, 28 years is a good innings – it is time to plant another one as a sign of faith in the future.
LikeLiked by 1 person
Ja ek voel ook hartseer, maar tyd vir nuwe lewe, né Anne!
LikeLike
Aggeneeeeee, dis so hartseer. Love bome en maak my altyd hartseer as hulle val of afgekap word
LikeLiked by 1 person
Dis die verloop van die lewe.. tyd om te kom en tyd om te gaan.
LikeLike
Ja die seisoene van die lewe. Nie altyd verstaanbaar nie nê? Darem kon jy dit lank geniet, dalk nou tyd vir ‘n nuwe lekkerte..
LikeLiked by 1 person
As die boom kon praat….
LikeLike
Dit klink na nog n storie….skryf Bytjie, skryf!
LikeLiked by 1 person
Ek kan net so geheg aan ń boom raak. Jammer daarvoor.🌹
LikeLiked by 1 person
Hierdie boom het soveel voëls gehuisves, maar nou ja, wat kan mens maak?
LikeLike
Dit is so hartseer storie 😢
LikeLiked by 1 person
Ja, was nogal ‘n skok!
LikeLiked by 1 person
Ag eina. Plant dadelik weer ene.
LikeLiked by 1 person
Goeie plan!
LikeLike
Sjoe, dis ook maar goed julle was nie by die huis nie. As een van julle of die hondekinders moes seergekrry het … te vreeslik om daaraan te dink. Ons het ook ‘n boom gehad wat sommer op ‘n dag net besluit het om boedel oor te geeen reg oor ons driveway geval het. Ek het dit eers agtergekom toe ek die voordeur oopgemaak het om die tuinslang te skuif.
LikeLiked by 1 person
Dis goed ons was nie hier nie. Ons kuier baie op daardie grasperk onder die boom en die hondekinders word daar toegemaak as ons iewers heen gaan. Ek wil nie eers dink wat kon gebeur nie.
LikeLiked by 1 person
Ik moest aan dit gedicht denken toen ik je blog las Dina.
Aan een boom in het Vondelpark
Er is een boom geveld met lange groene lokken.
Hij zuchtte ruisend als een kind
terwijl hij viel, nog vol van zomerwind.
Ik heb de kar gezien, die hem heeft weggetrokken.
O, als een jonge man, als Hector aan de zegewagen,
met slepend haar en met de geur van jeugd
stromende uit zijn schone wonden,
het jonge hoofd nog ongeschonden,
De trotse romp nog onverslagen.
M. Vasalis (1909-1998)
LikeLiked by 2 people
Dis so ‘n hartseer gedig! Gelukkig het ons boom self geval en is hy nie afgekap nie. Ek voel sommer lus om te huil na die lees van hierdie pragtige gedig.
LikeLiked by 1 person
Het had kunnen slechter aflopen…
Altijd jammer, zo’n mooie boom, maar de natuur laat zich niet dwingen door de mens.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig was ons nie naby nie. Ons beweeg baie daar en dit kon sleg afgeloop het.
LikeLike
Wat een ellende, gelukkig is iedereen nog heel …
LikeLiked by 1 person
Gelukkig…ek is net bly die bure se huis het nie skade nie!
LikeLike
Dis nou jammer! Bome vat juis so lank ons so hoog te groei!
LikeLiked by 1 person
Hierdie boompie het saam met ons kinders gegroei en vandag is almal uit die huis en weg en nou hy ook! Baie sentiment.
LikeLiked by 1 person
Kan dit verstaan😕🤗
LikeLiked by 1 person
Jammer, een boom kan wel vervangen worden door een jonge boom, maar dat duurt jaren voorlaeer deze volwassen is.
Hier in Vlaanderen was er vroeger een gewoonte (die jammer genoeg is verloren gegaan) dat als er een kind geboren werd, de ouders een boom plantten.
De ouders zagen die boom niet volwassen worden, maar het kind wel.
Het kind kon dan van het fruit genieten of kon de boom hakken als hij was uitgeput en het hout gebruiken.
Maar tegen dan had dat kind reeds nieuwe bomen geplant voor zijn kinderen..
Op die manier bleef de natuur en het bomenbestand in evenwicht.
Succes met het opruimen, als ik korter bijwoonde kwam ik helpen, ik kan goed met hakbijl en kettingzaag overweg.
Groetjes
Theo
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n pragtige gewoonte, Theo! Hierdie boompie was klein saam met my kinders. Nou is almal groot en weg en nou die boom ook. Ons het darem baie jare se plesier van hom gehad.
LikeLiked by 2 people
Tja, hier is die prachtige traditie verloren, waarom ze in Zuid-Afrika niet opnieuw opstarten? één prachtige boom weg, voor elk van Uw kinderen een nieuwe planten?
LikeLiked by 1 person
Eenmaal ‘n jaar hou ons boomplantdag en dan word daar landswyd bome geplant by skole en ander instansies. Ons tuin is ongelukkig nou vol, behalwe vir die leë plek. Ek sal weer ‘n boompie daar insit, al sal ek hom nie sien grootword nie.
LikeLiked by 1 person
Ek weet hoe jy voel, nee, nie regtig nie, julle s’n was meer skokkend. Ons het ‘n paar bepland laat val, te na aan die huis. Bly daar is nie ernstige skade nie. Wie is verantwoordelik vir sulke skades?
LikeLiked by 1 person
Aan die eenkant is ek bly dit het gebeur, Danie. Ek het juis verlede week so gestaan en kyk en gewonder of ons die boom moet laat afkap. Gelukkig is die besluit uit my hande geneem.
LikeLike
Groot verligting, as hy doelbewus of deur ander faktore, met die minste of geen skade, geval het.
LikeLiked by 1 person
Ek sien ‘n paar dakteëls aan buurman se huis, het effens geskuif. Dis seker maar ons verantwoordelikheid as dit langsaan skade veroorsaak, maar daarvoor het ons derdeparty versekering.
LikeLike
Soms wonder mens, of sulke versekering nodig is, maar af en toe, weet jy dat dit wel noodsaaklik is.
LikeLiked by 1 person
Jammer van die boom, maar het had erger kunnen zijn.
Gelukkig geen grote schade of gewonden.
LikeLiked by 1 person
Darem heel goed afgeloop. More word ‘n kettingsaag gehuur om die dik stamme op te saag. Groot werk vir ‘n pensioenaris en ou tuinier!
LikeLiked by 1 person
Ai.
LikeLiked by 1 person
En ek huil saam met jou vir al die bome wat hulself doodwurg (1ste keer wat ek daarvan hoor) en die wat die aanslag van mense hande nie kon teenstaan nie. 😢😢
LikeLiked by 1 person
Ek lees dit is veral stadsbome wat op klein areas staan, wat dit oorkom. Ek het nou na ons sypaadjiebome gaan kyk en sien dat baie van hulle so lyk…wortels bogronds wat half om die boom se stam draai.
LikeLiked by 1 person
Exactly the same thing happened to us last night…. I am so sad….
LikeLiked by 1 person
Trees are so special and every time one falls over, it is a loss to this world.
LikeLike
Wat ontzettend jammer, maar je kon het toch niet tegenhouden hè.. De natuur doet toch wat zij wil!
LikeLiked by 1 person
Geen mens kan die natuur beheer nie.
LikeLike
Wat n jammerte, maar so bly dat die skade nie veel erger is nie!
Lyk my die witstinkhoute sukkel hierdie jaar: Nie n maand gelede nie braai ons een aand by vriende toe n ernstige storm opsteek. Die mans soek n beskutte hoekie in die tuinskuur vir die braai en die vrouens en kinders verruil die stoep vir die huis. Nie 5 minute later nie split hul groot witstinkhout – en hier in Pretoria word hulle GROOT – middeldeur en val die stoep se dak te pletter…
LikeLiked by 1 person
Dis self ‘n rillerstorie, Dries! Dalk het daardie boom ook “girdling roots” gehad. Ek het nou op ons sypaadjies begin rondkyk en merk dit op by baie bome. Beperkte spasies lyk soos groot oorsaak daarvan.
LikeLiked by 1 person
Ek dink die ekstra gewig van die water (reen) gekombineer met die woeste wind het te veel druk op die vurk van die stam geplaas, en die boom het toe mooi in die middel gesplit – een deel het bly staan terwyl die ander helfte geval het.
LikeLiked by 1 person
Julle kon almal erg beseer gewees het as julle op daardie stoep was!
LikeLiked by 1 person
Boom wat selfmoord pleeg? Plant kameeldoring in sy plek sy wortels groei Japan toe! Moet net nie verbaas wees as die Elande kom aanmeld vir die blare en saad houers nie
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig bly ek in Benoni…kameeldoring sal nie aard nie!
LikeLike
o, wat erg!
LikeLiked by 1 person
Ek is ook ‘n ou toppie… ek laaik van hoog inni takke!! 😂🤣😀
Ek hoop daai boom sal bewerk word en tenminste ‘n paar koffie tafeltjies word!
O – bygelas… ek hoop daai twee ou toppies het wel van die takie afgekom!!
LikeLiked by 1 person
Ek dag jy doen net kroegkruipe, dan kan jy mos nie hoog innie takke raak, so laag op die grond nie!😉😉Daai twee was gister vodde en met stywe spiere. Hulle moes jong bloed inkry om die dik takke te saag en die stukke te verwyder! Geen koffietafeltjies nie!!🤣🤣
LikeLike
Nou wat doen ‘n jong meisie soos jy by ʼn madula 🙂 bly die skade was beperk – hopelik aan die madulas ook!
LikeLiked by 1 person
Ou bok jong blaar, en so aan! Die twee het gister gekla dat hulle spiere styf en seer is. Ons het toe twee jong ouens gekry om die dikste stamme te kom opsaag en wegry.
LikeLike
Zo spijtig maar gelukkig vielen er geen gewonden.Ik zou zeker nog een nieuwe boom planten
LikeLiked by 1 person
Dit is hartseer, maar gelukkig geen skade. Ons dink die spasie is bietjie klein en die boom was te naby aan die huis. Dus sal ons dit maar oop los. Dankie vir inloer, Marylou.
LikeLike
Dat moet schrikken zijn geweest maar gelukkig goed afgelopen.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig darem weinig skade, maar groot werk om dit op te ruim!
LikeLike
Wat ontzettend jammer. En wat is hij stomp afgebroken😳. Daar word je weemoedig van , een mens kan zo gehecht zijn aan een boom en alles wat daarin huist.
LikeLiked by 1 person
Daar was omtrent geen wortels nie. My hart is seer, maar gelukkig het dit goed afgeloop, Eveline.
LikeLike
Eina… dis hartseer. MY innige simpatie… weet jy, daar is bome wat ek liewer het as van die mense in my lewe… en as ‘n boom sterf maak dit seer…
LikeLiked by 1 person
Ek kyk elke dag na die gat waar hy 27 jaar gestaan het, dan wil ek sommer huil. Gelukkig was dit ‘n natuurlike oorsaak en nie ‘n simpel mens wat sy einde beteken het nie.
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLiked by 1 person
So you are OK, and no damage to the house? What a close call! And it seems to have snapped right off – scary! I’m sorry you p=lost that gorgeous tree, but glad it wasn’t worse.
LikeLiked by 1 person
Luckily no damage! It was a pity to loose that tree.We planted it 27 years ago and saw it growing.
LikeLike
Oh, yes, that’s really too bad. Tine to plant another and look to the future.
LikeLiked by 1 person