Daar gaan…

my bytjies! My hart is vanoggend sommer seer. My bytjies is verwyder, want ons het werkers wat die heining vervang en was bang dat die gewerskaf die bye sou ontwrig en kwaad maak. ( Terloops, die bye het intussen weer ingetrek in die skoongemaakte voëlbadjie…ek het dit nie voorheen geskryf nie.)

Vroegoggend was Oom Pete al hier. Terwyl dit nog koel is, is dit makliker om met hulle te werk. Hierdie is in my buurman se erf, staande gemaak op sy heining…39D2921A-291D-4728-BF96-B5A558836E4F

Hier is Oom Pete, ten volle geklee in sy byepak…225971B7-C535-4325-B0FF-45F285A77CC5

Omdat die voëlbadjie stukkend is, het ons gesê Oom Pete kan die hele ding net so wegvat. Hy trek sy handskoene aan en maak gereed…04039658-A0D0-4D31-AADD-F3CB998DD425

’n Swartsak word om die staander gebind om die bytjies binne te hou. Oom Pete verseker my dat hulle nie sal versmoor nie. Die donkerte maak hulle glo kalm en daar is genoeg suurstof tot waar hy hulle gaan vrylaat…A102413E-DEBB-48DA-BC9D-8C3113EEF4A6

Die boonste gedeelte is vol heerlike heuning en Oom Pete laat my dit gou afneem…B6DE02E9-79D9-45AD-97FA-FAAD62B0E1D2

Hierna word die voetstuk sorgvuldig toegebind, want dit is oop aan die onderkant…D4C656D1-0D4C-4576-B7F9-5185CCBD7D76

‘n Laaste kykie op die voetstuk met die koningin en al haar maatjies binne-in…C8736653-402B-458A-90C0-78AD9ABAC70A

Daar gaan my bytjies. Hierdie is die rede…FAE8AC33-3319-4476-8CC7-155E39D8AD40

Die werkers het reeds die heining afgebreek en gaan nuwe houtpale insit. ‘n Paar verwese bytjies wat vroeg vanoggend al uit die nes is, soek nou verward na hul huisie…ek stort stilletjies ‘n paar trane, want die bytjies was deel van die lewe in ons tuin.

Lees hier van die hele sage..Perdebytjie en die bye op ‘n Bloumaandag

en hier..Verdere verwikkelinge met die bytjies..

 

49 Replies to “Daar gaan…”

    1. Oom Pete het klaar laat weet hulle is by die gholfbaan hervestig en dat hulle reeds hul omgewing verken en rustig is. Daarna gaan hy hulle in ‘n netjiese korf huisves. Dis ‘n dierbare omie en dit lyk of hy weet wat hy doen.

      Liked by 2 people

  1. Ek kan verstaan hoe jy oor die bye voel. Ons moes iemand kry om die bye van onder ons dak te verwyder. Hulle het jare lank daar gewoon, maar my man is nou allergies vir die steek van bye en hulle het altyd so woes geraak terwyl ek die gras gesny het. Tog, daar is nog baie bye in die tuin – hulle woon net nie meer hier nie.

    Liked by 1 person

    1. Hier is baie tuine met blomme.Dit lok die bye.Die byevanger het gesê hy kan ‘n mooi korf in ons tuin neersit,as die werkery klaar is en dan sal hy dit bestuur en die heuning vir ons gee.Dis ‘n inisiatief om die byebevolking weer aan die gang te kry.

      Liked by 1 person

  2. Die bye is mos soos familie. Ek het gesien toe my seun en sy vrou die korwe gehad het. Dit was soos hul kinders wat versorg moet word. Was ook hartseer toe hul die korwe moes verkoop want skoondogter het sommer skielik na n steek geswel en allergies geword vir by-steek. Die oom lyk beslis of hy weet wat hy doen.

    Like

  3. Ons het dieselfde ding moes gedoen laat word ‘n paar jaar gelede, toe die bye besluit het dat die paadjie strand toe nie vir mense bestaan nie. Dit was toe ook ‘n jammerte om vir hulle totsiens te sê, maar die heuning wat agtergelaat was het lekker gesmaak!

    Liked by 1 person

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +