Hartseer brief aan ‘n geliefde

Ek stap al amper agt-en-sestig jaar saam met jou. My eerste gewaarwording van jou, was jou blou lug en ewige sonskyndae. Saam met jou het ek ‘n onskuldige gelukkige kindertyd beleef. Wye vlaktes, horisonne wat bewe in die hitte, wilde diere, goudgeel strande, droogtes, storms, vloede was alles deel van dit wat jy ons gebied het.

Dis eers heelwat later dat ek besef het alles is nie so wel nie. Die onregte wat gepleeg is teenoor ‘n groot deel van jou kinders, het gelei tot ‘n onsinnige oorlog, waar baie van jou ander kinders ook hul lewens moes opoffer om ‘n onwerkbare ideologie aan die gang te hou.

Toe gebeur die wonderwerk en ons vat almal hande. Sonder bloedvergieting het ons begin om na mekaar uit te reik. Daar was gemoedelikheid en werksaamheid, maar ongemerk het dinge begin verander.

Geleidelik is alle sisteme deur onbevoegde mense beman. Politici is in strategiese posisies geplaas,vanwaar nepotisme en gierigheid hul vraatsug gevoed het.Dienste en infrastruktuur het in die slag gebly. Ons ken almal die afdraandstorie van staatskaping, korrupsie van kaders in gesagsposisies en die hulpeloosheid van werkloses, wat al dieper in die wanhoop van armoede verval het.

Toe breek Maandag 12 Julie 2021 aan. Ek het nie woorde vir die verwoesting wat ons al drie dae lank aanskou nie. Die sweer het oopgebars en die sug loop in ’n breë siek stroom daaruit. Die leiers lei nie meer nie. Hulle het nog nooit gelei nie. Al wat gelei is, is miljoene na individue se bankrekeninge.

Terwyl die gans wat die goue eiers lê, stelselmatig ander groener weivelde gaan soek het, het die druklas op die ganse wat dinge ‘n kans wou gee, al hoe groter geword. Die ellende en werkloosheid het die gulsige kripvreters min geskeel. Voor verkiesings is beloftes gemaak en dan het die wanhopiges weer moed geskep om dieselfde kripvreters wéér in magsposisies in te stem.

Terwyl die land in vlamme opgaan, hou ministers in deftige klere, nuuskonferensies en vertel hoe onder beheer alles is. Intussen bloei winkels en pakhuise leeg en slegs enkele polisiemanne staan magteloos en toekyk. Die stropers het miskien vir ‘n paar dae kos, maar die werklikheid is, dat ‘n hele infrastruktuur en vervoerketting vernietig is.

Suid-Afrika, my geliefde land, jy bloei, jou kinders bloei, ons almal bloei. In die donkernag loop ‘n verflenterde kaalvoet seuntjie, met ‘n winkelsak vol kleurvolle onderbroekies en ‘n paar skoentjies wat hy gebuit het. In ‘n stofstraat warrel wintergras en blare oor die lyk van ‘n kind. In die hospitale blaas vele hul laaste asems uit….

61 Replies to “Hartseer brief aan ‘n geliefde”

  1. Wat een verdrietige brief Dina. We lezen hier wel het een en ander over de gebeurtenissen in je land, maar echt voelen kunnen we de ellende niet. Ik hoop dat de schade niet té groot wordt en dat de schadelijken zullen ophouden schadelijk te zijn.

    Liked by 1 person

    1. Dankie dat jy kom lees het Ineke. Jy kan met plesier dit op jou blog plaas. Ek wou nie negatief wees nie, maar het gevoel dat die skryf help om my spanning te verlig. Ek voel heeldag lus om te huil. Daar is tans soveel emosies wat ons beleef.

      Liked by 2 people

      1. Ek glo jou goed. Alles is so naby jou en jy kan niks daaraan doen om kalmte te kry nie. Selfs ek is sommer huilerig hierdie kant. SA was 55 jaar my vaderland en my alles. Eks steeds lief vir SA. Ek kannie sê hou moed nie want watter moed is daar om te hou op die oomblik. Sterkte vir jou innerlike stryd en die van jou geliefdes ook.

        Liked by 3 people

  2. Lieve Dina, wij zagen de vreselijke beelden van de plunderingen en de onrust in Zuid-Afrika op de televisie. Ik dacht meteen aan jou. Wat een chaos, wat een toestanden. En ja, daar is ook nog COVID die hardnekkig aanhoudt. Veel sterkte daar. Ik denk aan jou en je dierbaren.

    Liked by 2 people

    1. Dis iets wat geleidelik gebeur het. Ontplooiing van onkundige mense en familie, stroping van die staatskas, korrupsie en dan die geweldige armoede en werkloosheid plus oorbevolking. Laasgenoemde is iets wat nooit aangespreek word nie.

      Liked by 1 person

  3. Wie het hierdie mense geleerdat geweldadige optogte probleme oplos?

    Dieselfde party wat nou in bewind is

    On Wed, Jul 14, 2021 at 10:11 PM Perdebytjie se nes wrote:

    > perdebytjie posted: ” Ek stap al amper agt-en-sestig jaar saam met jou. My > eerste gewaarwording van jou, was jou blou lug en ewige sonskyndae. Saam > met jou het ek ‘n onskuldige gelukkige kindertyd beleef. Wye vlaktes, > horisonne wat bewe in die hitte, wilde diere, goudgeel str” >

    Liked by 1 person

  4. Vanoggend staan die wetsgehoorsame burgers in lang, ordelike rye by die winkels aan die Suidkus, waar hulle toegelaat word om essensiële voedselprodukte aan te koop, beperk tot ‘n minimum per persoon om seker te maak elkeen kry iets. Dieselfde burgers staan bedags buite in die straat met harke, besems en skoppies, besig die gemors wat agtergelaat is, skoon te maak en om die proses van heropbou te begin. Diegene wat gehelp het om verwoesting te saai, sit seker voor hulle nuwe, gratis verwerfde tv’s. En môre kom bedel hulle vir kos by die verkeersligte.

    Liked by 4 people

  5. Bytjie… Ek sit vêr, masr huil saam. Jy skryf asof jy ‘n draai geloop het diep in ons harte. Ek weet nie wat om te sê nie, ek voel net stukkend. Dankie dat jy so mooi geskryf het wat ons voel. Kyk na julleself🌻💜

    Liked by 1 person

  6. Liewe Dina, Beter sou niemand die pyn en aanskouing van hierdie dade, seker gierig gerdrewe kan stel nie. soveel verliese, lewens, vreugde, die aardse, net die gewone lewe van “ek gaan gou al my draaie by die winkels maak” droogskoonmaker, apteek ens. my lysie is opgemaak, Vir die heel eerste keer is ek dankbaar dat my en Johan se ouers nie hierdie hoef te wees om te sien hoe ons lieflike land hanteer word nie. Geniet jou skrywes

    Liked by 1 person

    1. Ek is ook bly my ouers en skoonouers is nie meer hier om dit te aanskou nie.Dankie dat jy kom lees het. Dis altyd lekker om van jou te hoor, Adri.Ek hoop julle bly lekker en is gesond.

      Like

  7. Heel mooi geschreven maar de realiteit bij jullie is allesbehalve mooi. Ik had er nog niets over vernomen en schrok toen ik dat las. Hopelijk wordt het weer rustig en hebben de politici hun lesje geleerd, maar ik vrees ervoor.

    Liked by 1 person

    1. Suske, wat gebeur het, was gewoon verskriklik.Mense was heeltemal wild. Mens kan nie glo wat jy sien nie. Gelukkig klink dit of dinge rustiger raak, want die winkels is klaar leeggesteel. Ons is net bang dat die massas ons winkelsentums hier naby ons ook gaan teiken.

      Liked by 1 person

  8. De plunderingen zijn ook bij ons in het nieuws gekomen. Tragisch dat het land zo verdeeld wordt. Dat corruptie wordt aangepakt tot in de hoogste kringen is mooi om te ervaren, maar dat dit telkens zoveel geweld en onvrede met zich meebrengt…

    Liked by 1 person

    1. Lyk darem tog of daar iets goed ook hieruit spruit. Ten minste sien ons hoe mense van alle kulture saamstaan, om op te ruim en mekaar te help. Suid-Afrikaners het nog altyd in tye van nood opgestaan en ingespring om dinge te probeer regruk. Ons sien dit nou weer gebeur.

      Like

    1. Hulle word al jare lank gewaarsku… netsoos met die krag en watertoevoer ook. Wag eers tot die probleem haas onoplosbaar is, dan is dit ‘n “challenge en die hopelose Kubane word ingeroep! Eishhh!

      Like

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +