#Woordwarrel Afrikaans#

Gaan gerus verby…

Vandag se uitdaging gaan oor sintuiglike ervarings wat mens kry, by aanskoue van sekere sinne en woorde soos hier gesien…

Deesdae is hierdie tipe geskrifte oral te sien. Dis op kussingslope, vadoeke, tafelmatjies, gordyne, beddegoed, breekware en alles en nog wat.

Die eerste beeld wat by my opkom, is ‘n besoek aan ‘n plaasstalletjie. Dis waar mens gewoonlik afkom op allerhande kaggelkakkies en snuisterye met hierdie soort skryfsels op.

Onmiddellik word my reuksintuie geprikkel, want sulke stalletjies is meestal ook die tuiste van geelvetbiltong, melktert, vars gebakte brood, karringmelkbeskuit, tabak, rooibostee en sommer net muwwigheid vanweë ou gemorsies wat oral opgehang en uitgestal word. Die verskillende geure rakel diep emosies uit die onderbewussyn op.

Die prentjie van die windpomp wek ‘n soort nostalgie op, wat moeilik is om te beskryf. Ek hoor weer die gekap van die windpomp se stang, soos wat dit meedoeënloos suig en trek om ‘n dik straal brakwater in die opgaardammetjie uit te spoeg. Die ruisgeluid van die wind deur die wiel se vinne, bring ‘n opgewondenheid. Die water word diep uit die aarde gesuig…water is lewe! Daar skiet ook herinneringe op van stories, van ‘n kristalversamelaar, wat die kosbare klippies aan die wiel vasgemaak het, sodat dit so saam met die windpomp se draai-draai, blink geskuur kon word….’n boer maak ‘n plan!

Hoe meer siele, hoe meer vreugde, wek verlangens na warm somervakansies met familie en vriende, hopscotch op ‘n plaasstoep en ‘n oupa wat brommend sy kop skud oor die kinders wat so baklei tydens die speletjie. Hierdie oupa het hopscotch se naam gepas verander na “stry-stry”.

Droom groot, het nog nooit ‘n indruk op my gemaak nie, want uit ervaring het ek geleer, drome kan misleidend wees en die aandag van die werklikheid aftrek. Dis ‘n ietwat siniese kyk na die lewe, maar die realiteit is nie gekoppel aan drome nie.

Pannekoek…o pannekoek! Ek wil jou lof besing. Hoeveel miljoene pannekoeke is al gebak om liefdadigheid te ondersteun? Na die tweede Anglo-Boere-Oorlog, moes mense self inspring om uit te styg bo die ruïnes van ‘n verskroeide aarde. Verenigings soos die ACVV en VLU is op die been gebring, om die geweldige armoede die hoof te bied. Hier het die bak van pannekoek ‘n groot rol gespeel.

Dis ons manier van saamwerk met ‘n eenvoudige resep. Die gesis van gasstofies en kwetterende stemme, voer my terug na kermis- en kerkbasaardae, waar ek self ure lank dieselfde bewegings moes uitvoer… olie vir smeer, koppie deeg in die pan, wag tot dit lostrek van die kante, spaan in die hand, draai dit om. Wees soms oulik en gooi dit met ‘n boog in die lug… net die heel vernuftiges het goeie vangskote! Dan kom die lipleklekker kaneelsuiker by en siedaar, ‘n opgerolde ronde matjie vol soete liefde.

Koeksisters het my ontbloot as die heel vrotste bakster tydens my dae by die Vroue Landbou-unie. Tot vandag toe, is ek sku vir bak en kosmaak. Niks keer my egter om my tande weg te slaan in ‘n krakerige koeksister, wat drup van die stroop en ‘n absolute gevoel van behaaglikheid tot diep in die sinapses van my brein, laat opwel.

Dankbaarheid, vriendskap en kalmte, gaan hand aan hand om mens te laat besef, dat die lewe nie bestaan uit reusagtige oomblikke nie, maar dat dit die basiese eenvoudige dinge is, wat geluk bring. Mag ons dit nooit vergeet nie.

30 Replies to “#Woordwarrel Afrikaans#”

  1. Ik kan toch altijd zo genieten van dat sappige Suid-Afrikaans.💙
    Ik vind het geweldig dat er zich in onze Geloofs-Gemeenschap ook een ingeweken Zuid-Afrikaan heeft aangesloten.
    Nu lees ik die mooie taal niet alleen meer, maar kan ze ook beluisteren.
    Groetjes uit Vlaanderen 😀
    Theo

    Liked by 1 person

  2. “Dankbaarheid, vriendskap en kalmte, gaan hand aan hand om mens te laat besef, dat die lewe nie bestaan uit reusagtige oomblikke nie, maar dat dit die basiese eenvoudige dinge is, wat geluk bring. Mag ons dit nooit vergeet nie.” Hoe mooi dat jy dit so saamvat. Die dinge wat ons sien,hoor, proe, ruik en voel wat ons onthoue en saamwees bind.

    Liked by 1 person

  3. Jy het jou sintuiglike waarnemings so mooi neergeskryf, Dina, dit het vir my gevoel asof ek langs jou staan daar by die padstalletjie en al die reuke en smake ook beleef. Die kaggelkakkies, ja … iets waarna ek graag kyk, maar wat ek nie in my huis wil hê nie. Ek is nie juis ‘n tuisteskepper nie en sal struikel en val oor al die “goedjies” soos my man dit noem. “My ou tantes was almal sulke goedjies-mense” sê hy altyd. Ek het lekker gelees.

    Liked by 1 person

    1. Ek haat kaggelkakkies, maar soms net soms is ek in die versoeking… dis mos soos daardie bekers waarvan ek vir julle vertel het… toe laat val manlief dit stukkend met die kar afpakslag. Ek is nou nog vies.

      Liked by 1 person

  4. En daar is ek weer ses jaar oud……en herleef ek my eie sintuie..Ek moet sê dat ek een van daai min is wat kaggelkakkies aanhou….dankie..dis mooi nostalgie

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +